PARAMOUNT G713C
ALUMINIUM
|
ALUMINIUM SWEISSOLDEERSTAAF
Die mees universele aluminium gassweisstaaf. Die vloeimiddel is in die staafkern waar dit beskerm word teen hantering en vogtigheid.
Hierdie veelsydige gasstaaf is hoogs aan te beveel vir fabrikasies, herstel van krake en skeure,opbou van uitgewerkte of vermiste seksies op motor lemme, omhulsels, stuwers, roertoestelle en houers. Ideaal by die samevoeging van ongelyksoortige standaarde. Maak sweisarea skoon en vorm skuinstes by swaar (dik) seksies sodat dit ‘n 60° - 70° V vorm. Heg liggies of klamp dele aanmekaar om oplyning te behou. Gebruik ‘n groot voorpunt met karbureervlam om die dele te verwarm. Hou die vlam 25-50 mm van die werkstuk af. Gaan voort met verhitting, en raak af en toe met die staaf aan die sweisarea tot die opvulmateriaal begin vloei. Die vloeimiddel sal dan loskom uit die staafkern en op die sweisoppervlak. uitvloei. Voeg die allooi in klein hoeveelhede by en laat dit saamsmelt met die metaal. Bindingstemperatuur >540°C |